On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: SA mark verhandel sterker op 15de nasionale veiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:44 Fri, 17 Jan 2020

OVK-wolmarkverslag: SA mark verhandel sterker op 15de nasionale veiling | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Heinrich Victor,  bestuurder veselbedryf by OVK, sê die 15de veiling van die 2019/20 seisoen het vandeesweek plaasgevind. Die Cape Wools merino-aanwyser het met 0,5% en met96 punte  hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R177,43 per kg gesluit .

Die Australiese EMI het ooreenstemmend met 3,3% gestyg. Daarmee saam het die rand met 1,6% swakker  teen die Amerikaanse Dollar verhandel en 2% swakker teen die Euro.  Volgens Victor het  goeie gehalte en medium lengte tipes wol relatief goed presteer en gesonde kompetisie onder kopers veroorsaak. Die sterker kant van die mark het nie so goed gevaar nie. Volhoubaarheid gesertifiseerde wol het weer goed presteer. Die grootste styging was 2,4% in die 21,5 mikron segment.

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Dié wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.