On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Nuus uit die rooivleisbedryf - weeklikse veilingsprys-verslag vir vee steeds op ys weens verbod

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:17 Thu, 16 Jan 2020

Nuus uit die rooivleisbedryf - weeklikse veilingsprys-verslag vir vee steeds op ys weens verbod | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, kan steeds nie soos oudergewoonte die weekliks veilingspryse bespreek wat vir lewende hawe op veilings behaal is nie.


Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen kan nie dié verslag verskaf nie, want daar was geen veilings vandeesweek nie, weens ‘n nasionale tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf meer as twee bronne na ander bronne, wat ingestel is nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Ondanks dit het Derksen wel ‘n boodskap vir produsente…

Hier is hy ….


Sien onderstaande PODCAST


Geen kommersiële veeveilings word steeds in Suid-Afrika toegelaat nie met die toestand wat nou ‘n ernstige negatiewe invloed op produsente het, omdat hul kontantvloei onder druk is, sê hy. Die wydverspreide reën in sekere gebiede in die sentrale binneland is egter positief vir die plaaslike veebedryf, terwyl goeie reën in Namibië en Botswana ook verkoopdruk sal verminder.

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.