On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Veevrektes ‘n daaglikse verskynsel in droë Pofadder-distrik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:29 Wed, 08 Jan 2020

#LandbouHoop: Veevrektes ‘n daaglikse verskynsel in droë Pofadder-distrik | News Article
FOTO: Boere Droogtehulp SA

Sowat 200 boere in die Pofadder-distrik tot by Aggeneys en Springbok in die Noord-Kaap, waar droogtetoestande gemeenskappe nou op hul knieë het, wag nog angstig op reën.


Chris van Beljon, stigter van die nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, sê 20 van dié boere se nood is so groot dat hulle noodgedwonge teen die einde van Februarie hul plaashekke sal moet sluit as daar nie vinnig verligting kom nie. Boere Droogtehulp SA is vandeesweek in dié distrik en verskaf veevoer asook ander noodsaaklikhede aan boeregemeenskappe, waarvan die meeste nou platsak is en die werklikheid van veevrektes daagliks in die oë moet staar. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Beljon gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê hulp word nou aan kommersiële boere verleen, terwyl dié maatskappy beplan om later ook opkomende boere te ondersteun, wat in sekere gevalle die meeste geraak word. Daar is van dié boere wat hul hele kudde verloor het of slegs een skaap oor het. Van Beljon doen ‘n beroep op gemeenskappe om dié organisasie te ondersteun. Hy gee sy versekering dat geld en ander skenkings doeltreffend gebruik word en aan landbougemeenskappe in nood uitgedeel word. Dit kom ná gerugte dat ‘n lid van ‘n ander organisasie, wat aan OFM-nuus bekend is, maar weerhou word totdat die polisie dit bevestig het, in hegtenis geneem is weens beweerde bedrog.

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos  Droogtehulp SA, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.