On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#Net'nDruppel: Droogtehulpskenkings gee moed aan Noord-Kaapse boere

───   07:53 Thu, 12 Dec 2019

#Net'nDruppel: Droogtehulpskenkings gee moed aan Noord-Kaapse boere | News Article
Charl en Shanie van der Merwe FOTO: Blaine Jones

Dit het in die afgelope week kol-kol in die Noord-Kaap gereën, en boere is dankbaar vir elke druppel en vir die noodleningshulp wat hulle van regoor die land ontvang.


‘n Noord-Kaapse boer van die plaas Stofbakkies in die Van Wyksvlei-distrik, wat platgeslaan is deur die voortslepende droogte, het weer moed gekry danksy weldoeners se ondersteuning en droogteskenkings. Carl van der Merwe en sy vrou, Shanie, het ‘n laagtepunt bereik in hul lewens weens die droogte, maar toe hy ‘n pakkie met noodsaaklike items en sanitêre ware van ‘n huis vir gestremdes in Brandfort in die Vrystaat ontvang het, het sy gemoed verander. Van der Merwe se plaas is onlangs besoek tydens GWK en Agri Noord-Kaap se “Net ‘n Druppel”-projek om boere se groot nood in die droogtetoestande aan die res van die land oor te dra. 

OFM-nuus se Blaine Jones het met Van der Merwe gepraat….


Sien onderstaande PODCAST


Van der Merwe sê hy is tot stilstand geruk toe hy dié droogtehulp-pakkie vanaf Brandfort ontvang het. Hy het besef hoe vergangklik, hulpbehoewend en afhanklik hy waarlik van ander mense is. Hy het nie slegs ‘n materiële behoefte gehad nie, maar ook ‘n behoefte vir ondersteuning en begrip. Met dié ondersteuning het hy geen ander keuse nie as om in homself te glo. Hy beoog om dié inwoners van dié betrokke huis in Brandfort te gaan haal sodat hulle vir hom en sy vrou Shanie op die plaas kan kom kuier. Dit sal gebeur sodra die droogte gebreek is.

Steeds by Carl van der Merwe, wie se plaas tydens GWK en Agri Noord-Kaap se “Net ‘n Druppel”-projek besoek is. Van der Merwe se vrou, Shanie, sê hulle moes moeilike besluite neem oor die voeding van hul skaapkudde nadat daar nie meer natuurlike weiding was nie.

Sy sê omdat veevoer duur is en nie volop beskikbaar is nie, het hulle voor die moeilike keuse gestaan om besluite te neem rondom watter diere in hul kudde voorkeur geniet om gevoer te word. Dragtige ooie het veevoer ontvang.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Shanie van der Merwe, ‘n boer van die Van Wyksvlei-distrik wat met OFM-nuus se Blaine Jones gepraat het.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.