On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA: Droogtetoestande, grondwetwysigings steeds ‘n uitdaging vir landbou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:57 Tue, 10 Dec 2019

#AgriSA: Droogtetoestande, grondwetwysigings steeds ‘n uitdaging vir landbou | News Article
Piere Vercueil

Droogtetoestande en die grondwetwysiging is bestaande uitdagings waarop Agri SA hom steeds gaan toespits ondanks die feit dat dié organisasie se president, Dan Kriek, bedank het.


Dit is volgens Pierre Vercueil, die waarnemende president van dié organisasie, nadat Kriek verlede week aangekondig het dat hy weens gesondheids- en stresverwante redes gaan uittree. Vercueil sê Agri SA se Grondwet bepaal in terme van bedankings moet die visepresident in dié posisie waarneem tot en met dié organisasie se volgende jaarkongres. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vercueil gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Vercueil sê Agri SA se Grondwet bepaal in terme van bedankings, moet die visepresident in dié posisie waarneem tot en met dié organisasie se volgende jaarkongres. Hy sê behalwe uitdagings soos die voortslepende droogte in die Noord-Kaap, asook ‘n deel van die Oos-Kaap, is daar ander kwessies wat ook van belang is. Dit sluit in die ekonomiese lewensvatbaarheid van landbou, veral met betrekking tot boere wat swaartrek met die geweldige droogte. Hul oorlewing is belangrik. Daar moet na praktiese wyses gekyk word om nuwe toetreders tot die landbou te lok. Hy verwys in dié verband na 'n ontwikkelingsfonds wat op die been gebring moet word. Dit is belangrik dat die regte mense geïdentifiseer word om die landboubedryf te betree. Finansiering word ook benodig, en private eiendomsreg moet verskaf word sodat dié boere oor kollaterale waarde beskik om lenings te kry. Daarmee saam moet daar voorligting verskaf word - mense wat wil boer, moet ondersteun word, sê hy.


Dit was Pierre Vercueil, waarnemende president van Agri SA, slegs op Before Dawn. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn wanneer Vercueil verder praat oor dié organisasie se droogteramphulpfonds en die belang van veiligheid op plase en kleinhoewes, veral met die Kersseisoen op hande.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.