On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Dit reën kol-kol buite Bloemfontein, boere hoopvol vir milde reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:30 Tue, 10 Dec 2019

Dit reën kol-kol buite Bloemfontein, boere hoopvol vir milde reën | News Article

Terwyl boere in sekere gedeeltes van Noordwes en die Vrystaat juig oor milde reën die afgelope week, wag ‘n saaiboer van die Bloemfontein-distrik steeds angstig op goeie reën sodat hy kan begin plant.


Rikus van der Merwe, van die Merwede-boerdery sê, terwyl daar Sondagaand goeie reën van tussen 50mm en 100mm in sekere woonbuurte in Bloemfontein gemeet is, het hy op sy plaas by Bainsvlei, buite die stad, slegs tussen 10mm en 12mm reën gehad. Van der Merwe sê dit het kol-kol gereën en boere in dié gebied wag steeds angstig vir goeie reën, sodat hulle kan begin plant.

Hy sê daar is boere wat reeds hul landerye voorberei het en nou slegs wag om ná goeie reën met hul aanplantings te begin, terwyl daar ander boere is wat nog weens die droogtetoestande nie hul landerye kon voorberei nie. Daar is egter vandeesweek goeie vooruitsigte op goeie reën, en boere hou duim vas daarvoor.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Merwe gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.