On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Tydelike verbod op samekoms van spleethoewige diere sluit veilings en skoue in

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:03 Fri, 06 Dec 2019

Tydelike verbod op samekoms van spleethoewige diere sluit veilings en skoue in   | News Article

Die samekoms van spleethoewige diere, wat van meer as een bron afkomstig is, word nou tydelik oor die land heen verban.


Dit sluit veilings, die skou van dié diere, en diere wat vir spekulatiewe doeleindes byeen is, in. Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het die tydelike verbod ingestel nadat dit aan die lig gekom het dat die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo deur gemengde beeste van meer as een bron, op ‘n veiling versprei het. Dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, sê vandaar het dié beeste na 35 onderskeie kopers gegaan en, in ag genome dat bek-en-klouseer hoogs aansteeklik is, kan dié siekte vinnig deu die land versprei as daar nie doeltreffende beheermaatreëls in plek is nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vervoort gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Vervoort sê nadat die departement van landbou ‘n tydelike verbod op veilings in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes ingestel het, het produsente egter ander planne in plek gestel om hul diere na ander aangrensende provinsies soos die Vrystaat te vervoer en handel met hul diere te dryf.

Volgens hom het dit ‘n groot gevaar ingehou ten opsigte van die verspreiding van dié siekte en daarom het die regering en die tegniese taakspan oor bek-en-klouseer besluit om vir ‘n kort tydperk dié verbod op alle samekomste van diere in te stel. Dit in ‘n poging om te verhoed dat die virussiekte onder spleethoewige diere versprei.

Dit was dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, slegs op Before Dawn. Skakel Maandagoggend in tussen 05:00 en 06:00 wanneer Vervoort verder gesels oor beheerde slagtings van besmette diere.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.