On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

AfriForum wil met Sisulu saamwerk oor waterplan in SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:50 Wed, 04 Dec 2019

AfriForum wil met Sisulu saamwerk oor waterplan in SA | News Article

Die burgerregte-organisasie AfriForum sal die regering se volgende stappe in sy meesterplan vir water en sanitiasie, wat onlangs bekendgestel is, fyn dophou.


Lambert de Klerk, bestuurder van omgewingsake by AfriForum,  sê dié plan wat deur die Minster van Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, bekendgestel is, moet nou in werking gestel word, maar dié organisasie vrees dat korrupte amptenare aan die stuur van sake gaan bly. Dit ondanks die aankondiging dat daar herstrukturering binne die departement gaan plaasvind.  De Klerk sê AfriForum het reeds 'n vergadering met Sisulu versoek nadat dié organisasie in Augustus vanjaar sy blou-en-groendruppelverslag bekendgestel het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Klerk gepraat oor die bevindinge in dié verslag...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die verslag het getoon dat daar in min gebiede vuil drinkwater was. In Parys in die Vrystaat was daar onlangs vuil water en daar was gevalle waar wurms in die drinkwater gekry is. Dié probleem is egter uitgesorteer. Daar is verder groot kommer oor rioolsuiweringsaanlegte wat water besoedel. 

Dit was Lambert de Klerk, bestuurder van omgewingsake by AfriForum.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.