On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:25 Thu, 28 Nov 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article
FOTO: Shutterstock

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy sê tegnologie is verantwoordelik vir die verkleining van markgrense tot ‘n mate dat daar al hoe meer sprake van grenslose markte is. Op grondvlak is daar nog noodsaaklike oorgrensbeperkings op die vloei van produkte, maar Afrika kan homself in ‘n vryhandelsone bevind, soortgelyk aan die Europese Unie (EU). Laubscher sê andersyds is uitvoergeleide-groei volgens baie die enigste werklike wyse wat daartoe kan bydra dat  landbou sy regmatige rol  in ekonomiese groei kan speel. Hierdie uitvoergeleide strategie moet egter op ‘n ander vlak geskied, deurdat meer produkte in verwerkte vorm uitgevoer word. Dit is seker een van die sekerste en veiligste wyses vir die landboubedryf  om sy arbeid-absorpsie uit te bou. Die vraag is egter hoe lyk dié wêreld buite die konvensionele grense?

Die grootste deel van die wêreldbevolking van net meer as 7 biljoen mense in 2017, kom voor in vyf lande. Dié lande is China (18.5%), Indië (17.9%), Amerika (4.3%), Indonesië (3.5%) en Brasilië (2.8%). Die vlak van ekonomiese ontwikkeling verskil skerp tussen hierdie lande, maar wat veral van belang is, is die potensiaal om dié ekonomieë te laat groei, sê hy. Die verstadigde koers waarteen China groei en die veranderde samestelling van dié  land se ekonomie met sterk positiewe handelsbalanse met onder andere Amerika, het wêreldhandel tans in ‘n greep van handelsoorloë en dit verlam die res van die wêreld.

Na raming is die gesamentlike waarde van die wêreldekonomie nagenoeg 80 triljoen Amerikaanse Dollar. Die VSA met 24.4% is die grootste, gevolg deur China met 15.4%.  Japan is derde met net meer as 6%.  Die Europese Unie se verskillende lidlande dra ook disproporsioneel by tot die welvaart. Lande met die kleiner ekonomie tap meer uit as wat hulle insit.  In die geheel dra die EU 23% by tot die globale ekonomie en as sulks is dit die tweede grootste.  In Afrika lei Nigerië met 0.47% van die globale ekonomiese aktiwiteite, gevolg deur Suid-Afrika met 0.44%.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.