On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

VL vra vir beheerde kontrolepunte met uitbrekeing van bek-en-klouseer in Limpopo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:55 Thu, 21 Nov 2019

VL vra vir beheerde kontrolepunte met uitbrekeing van bek-en-klouseer in Limpopo | News Article
Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Lanbou (VL)

Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in dié provinsie glo die instelling van kompartemente in dié provinsie, gaan help om die verspreiding van dieresiektes te voorkom.


Kompartemente kom neer op die provinsie wat in sones verdeel word. Dit sal daartoe lei dat beheerde kontrolepunte met betrekking tot die vervoer van vee op internasionale en provinsiale grense en roetes in plek is.

Tommie Esterhuyse, vise-president van VL sê, dit is noodsaaklik juis nadat nog 'n uitbreking van bek-en-klouseer vanjaar in Limpopo bevestig is. 

Esterhuyse van VL, asook die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in dié provinsie, het die voorstel aan die RPO se nasionale liggaam en die onderskeie dieregesondheidsforums gemaak.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou (VL). Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.