On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA: ‘Ons het nie geld vir boere se droogtehulp gesteel nie’

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:21 Fri, 08 Nov 2019

TLU SA: ‘Ons het nie geld vir boere se droogtehulp gesteel nie’ | News Article
TLU SA se Louis Meintjes en Bennie van Zyl FOTO: Verskaf

Die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, hou vol hy het geen geld, wat geskenk is om hulp aan boere in droogtegeteisterde gebiede in Suid-Afrika te verleen, gebuit nie.


Dié reaksie kom ná sterk aantygings deur Mark Paulsmeier, die stigter en voormalige president van die Global Association of Billionaires and Millionaires (GABM), oor 'n beweerde bedrogspul waarin meer as $100 miljoen (Amerikaanse dollar) na bewering deur onder meer TLU SA gebuit is. Paulsmeier het op sosiale media uitgevaar teen dié landbou-unie, wat glo saam met nog 'n Suid-Afrikaanse landbou-organisasie en 'n plaaslike mediahuis na bewering lang vingers gehad het. TLU SA se president, Louis Meintjes, sê die droogtehulp is deur GABM aan TLU SA in die vorm van effekte verskaf, wat in geld omgeskakel moes word en as droogtehulp aangewend word.

Volgens hom is dit in dié stadium baie moeilik om meer inligting oor dié kwessie en Paulsmeier se aantygings te verskaf omdat daar verskeie partye in ‘n hofgeding betrokke is, wat dit sub judice maak. Hy sê TLU SA is egter steeds in besit van dié effekte wat geskenk is en dit word in veilige bewaring gehou omdat dit nêrens in geld omgeskakel kon word nie. “Ons het niks gesteel nie en as ek iets sou steel, moes ek die effekte in ruil daarvoor gegee het,” sê Meintjes.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meintjes gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Louis Meintjes, president van die Transvaalse Landbou-unie TLU SA, slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.