On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agri Hour

Grondhervorming: Kommersiële boere wil betrokke wees, soek duidelikheid oor grondregte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:59 Wed, 23 Oct 2019

Grondhervorming: Kommersiële boere wil betrokke wees, soek duidelikheid oor grondregte | News Article
Jacobus Stroebel van Rouxville

Daar is steeds baie onsekerheid op grondvlak onder boere oor die grondwetwysiging en meer spesifiek Artikel 25, wat voorsiening maak vir die onteiening van eiendom sonder vergoeding.


Jacobus Stroebel, visevoorsitter van die Rouxville Boere-unie, sê  organisasies spreek hul kommer hieroor uit en maak dit duidelik dat hulle die grondwetwysiging teenstaan, maar dit is waar dit stop. Hy sê daarmee saam is daar al baie planne opgestel oor grondhervorming en die rigting waarin dit in Suid-Afrika moet beweeg. Van dié planne is al suksesvol ingestel met kommersiële boere se betrokkenheid, maar dié boere, wat dit moet ondersteun en deurvoer, kan dit nie doen as hulle onseker oor hul grondregte is nie.  

Hy meen daar moet ‘n balans gevind word in terme van grondhervorming en wat die regering en ander belanghebbendes daarmee wil bereik. Gemeenskappe moet ook eiendomsreg hê en oor titelaktes beskik in landelike munsipaliteite.

Stroebel het op Agri SA se kongres in Pretoria met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat oor uitdagings wat boere in die Rouxville-distrik in die gesig staar en wat die stand van sake is rondom munisipale infrastruktuur, veediefstal en veiligheid op plase.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Jacobus Stroebel, visevoorsitter van Rouxville Boere-unie in die Vrystaat, slegs op Before Dawn.  

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.