On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Plan bied geleenthede vir landboubedryf met kragopwekking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:49 Mon, 21 Oct 2019

Plan bied geleenthede vir landboubedryf met kragopwekking | News Article
Gwende Mantashe

Die Vryheidsfront Plus het die Minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, se aankondiging dat die regering se Geïntegreerde Hulpbronplan (IRP2019) voorsiening maak vir verspreide kragopwekking, met ope arms verwelkom.


Mantashe het Vrydag met die bekendstelling van dié plan gesê daar word weggedoen met die ministeriële vasstelling vir klein kragopwekkingsprojekte van meer as 1 MW. Dít sal ruimte laat vir kleiner projekte soos biomassa, medekragopwekking of kleiner hidrokragstasies. Die Vryheidsfront Plus se woordvoerder vir energie, dr. Wynand Boshoff, sê dit is baie goeie nuus, want dit kom daarop neer dat Suid-Afrikaners aangemoedig word om kapitaalbeleggings in terme van addisionele kragopwekking te doen.

Boshoff sê onafhanklike kragverskaffers is die toekoms en bied ‘n gulde geleentheid vir boere om ‘n bydrae te lewer tot landelike ontwikkeling, in terme van kragvoorsiening.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was dr. Wynand Boshoff, ‘n LP en woordvoerder vir energie van die Vryheidsfront Plus.  Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.