On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA moedig boere aan om weg te doen met Eskom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:44 Mon, 21 Oct 2019

TLU SA moedig boere aan om weg te doen met Eskom | News Article

Verskeie landbou-organisasies het die skielike instelling van beurtkrag deur Eskom verwerp en is bekommerd oor die impak daarvan op die landboubedryf.


Een daarvan is die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, wat meen beurtkrag raak produsente negatief en veral in terme van besproeiingskedules raak dit ‘n kopseer vir boere wie se aanplantings onder besproeiing negatief geraak word. TLU SA se president Louis Meintjes sê beurtkrag raak alle bedrywe, insluitende die melkbedryf, wat op elektrisiteit aangedrewe is. Meintjies meen dit is nou tyd vir produsente om selfaangedrewe te wees en nie op Eskom te steun as ‘n elektrisiteitsverskaffer nie. Hy moedig produsente aan om sonkragenergie te oorweeg, veral omdat dié tegnologie nou goedkoper is.

“Die uitdaging is om totaal weg te kom van Eskom, ‘n mens kan Eskom nie eens as ‘n bystand gebruik nie, want hul vastekoste raak enorm."


Sien onderstaande PODCAST

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.