On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Koeponstelsel gebruik vir veevoerverspreiding in droogtegeteisterde NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:33 Tue, 15 Oct 2019

Koeponstelsel gebruik vir veevoerverspreiding in droogtegeteisterde NK | News Article
Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap se president FOTO: OFM

Begunstigdes wat droogtehulp gaan ontvang nadat adj.pres. David Mabuza Aggeneys naby Springbok in die Noord-Kaap besoek het, sal na verwagting vandeesweek geverifieer word.


‘n Bedrag van R30 miljoen is as tydelike ingrypingsmaatreël beskikbaar gestel. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, het verlede week op Agri SA se kongres in Pretoria aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller gesê die geld is nie deur die nasionale regering nie, maar wel deur die provinsiale landboudepartement beskikbaar gestel. Jansen sê die geld gaan aangewend word om veevoer vir boere deur die gebruik van die doeltreffende koeponstelsel beskikbaar te stel. Hy sê sodra die begunstigdes vir dié skenkings geverifieer is en die omvang van die droogte bepaal is, volg die aansoekproses.

‘n Koepon word volgens dié stelsel aan boere verskaf wat dan die veevoer by verskeie landboubesighede oor die provinsie heen bekom. Jansen sê op so ‘n wyse word vervoerkoste gespaar, terwyl daar deurlopend rekenskap van dié geld gegee kan word. Volgens Jansen is dit goed dat lede van die African Farmer’s Association of South Africa (AFASA), die National Agriculture Association of South Africa (NAFU), asook die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), insluitende lede van Agri Noord-Kaap, tydens Mabuza se besoek saamgestem het dat die koeponstelsel hoogs doeltreffend is. Verspreiding van veevoer as deel van regeringshulp het al voorheen op dié wyse geskied en dit dien ook as ‘n voorloper vir meer regeringshulp wat kan volg, sê Jansen.


Sien onderstaande PODCAST



Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.