On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Regering moet versekeringskema heroorweeg

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:52 Mon, 14 Oct 2019

Regering moet versekeringskema heroorweeg | News Article
Boy Saaiman FOTO: OFM

'n Boer van die Steynsrus-gebied in die Vrystaat, Boy Saaiman, sê Thoko Didiza, Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, se boodskap op Agri SA se kongres wat verlede week in Pretoria plaasgevind het, was positief.


Saaiman, wat ook 'n geruime tyd op Vrystaat Landbou (VL) se hoofbestuur dien, sê ten opsigte van die regering se rol om boere geldelik te ondersteun met rampe soos droogte, ontbreek die regering se plan vorentoe egter ietwat. Hy meen 'n omvattende skema waar boere se kostes verseker word met rampe, is nodig. 

Saaiman sê die regering moet 'n ramphulpskema heroorweeg, soortgelyk aan een wat in 1978 in plek was. Saaiman was destyds by Sentra Oes betrokke en boere se kostes is verseker gewees teen natuurrampe soos droogte.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Saaiman gepraat...


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Boy Saaiman, 'n boer van die Steynsrus- en Kroonstad-gebied in die Vrystaat. Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.