On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Varkboer platgeslaan nadat hy 800 varke weens Afrika-varkpes verloor

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:52 Fri, 20 Sep 2019

Varkboer platgeslaan nadat hy 800 varke weens Afrika-varkpes verloor | News Article

‘n Vrytaatse varkboer wat sy hele kudde van bykans 800 varke weens die uitbreking van Afrika-varkpes (AVP) op sy plaas, Putfontein, by Heilbron verloor het, is platgeslaan maar gaan nie tou opgooi nie.


Bertie van Wyk sê dit was ‘n groot terugslag omdat die varkkomponent op sy plaas sy grootste bron van inkomste was. Dit was vir hom en sy hele gesin, asook sy werknemers, ‘n traumatise ervaring, maar hy gaan nie moed opgee nie en wil weer begin om ‘n nuwe kudde te bou ondanks die feit dat hy geen vergoeding ontvang het vir die varke wat van kant gemaak moes word nie.

Van Wyk sê in April vanjaar het van sy kleiner varkies begin siek word. Hulle is vir longontsteking ná ‘n erge kouefront en reën in April behandel. Toe dit geen uitwerking gehad het nie, is ‘n nadoodse ondersoek deur ‘n veearts gedoen, waarna Onderstepoort bevestig het dat van die dooie varkies positief vir AVP getoets het. Daarna is sy plaas onder kwarantyn geplaas en ‘n staatsveearts en ‘n span van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie het hom ondersteun. Hy sê die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat het geen vergoeding aan hom verskaf vir die 170 varke wat van kant gemaak is nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.