On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA: ANC gaan nie land red nie, boere moet hul eie ding doen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:14 Fri, 20 Sep 2019

TLU SA: ANC gaan nie land red nie, boere moet hul eie ding doen | News Article
Louis Meintjes, president van TLU SA

Die landboubedryf is op homself aangewese en die verval in die land gaan slegs gestop word indien die ANC nie meer die politieke drywer in Suid-Afrika is nie.


Dit was die kern van die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) se president, Louis Meintjes, se boodskap Woensdag op die eerste dag van dié organisasie se jaarkongres in Pretoria. Volgens Meintjes is dit nou die tyd wat die landboubedryf sy eie ding moet doen en 'n parallele-ekonomie moet vestig waarbinne daar oorleef en floreer kan word. 

Volgens hom gaan die land nie gered word met die ANC wat aan bewind is nie. "Ons moet ons eie ding doen.”

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meintjes gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.