On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

NK-regering steeds traag met droogteramphulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:54 Wed, 18 Sep 2019

NK-regering steeds traag met droogteramphulp   | News Article

Die regering op provinsiale vlak se onvermoë om droogteramphulp aan kommersiële en opkomende boere in die Noord-Kaap te verleen, word op ‘n volgehoue grondslag deur georganiseerde landbou in dié provinsie aangespreek.


Dit kom nadat die Noord-Kaap meer as ‘n maand gelede in geheel as ‘n droogterampgebied deur die provinsiale regering verklaar is, maar dit is steeds nie in die Staatskoerant gepubliseer nie. Daarmee saam sloer die Noord-Kaapse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) se rampbestuur om hulp aan boere te verleen. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê in ‘n vergadering met lede van Cogta verlede week is daar aangedui daar kan nie voortgegaan word met ‘n bestaande aansoek van droogteramphulp deur die regering nie, omdat die provinsiale departement van landbou glo nie voldoende verslag gedoen het oor droogtehulp wat verlede jaar verleen is nie.

Jansen sê daar sal volgehoue druk op Cogta geplaas word en dit sal beklemtoon word dat vorige prosesse nie verband hou met bestaande prosesse nie. Hy sê daar is nou 'n gesamentlike aanslag ten opsigte van druk wat op die regering toegepas word. Agri Noord-Kaap en sy buurorganisasies, die African Farmers Association of South Africa (Afasa) en die National African Farmers' Union (Nafu), stem saam en het ooreengekom oor die beginsels vir die ondersteuning van boere in ‘n rampgebied soos die Noord-Kaap, asook die wyse waarop hulp verleen moet word, veral ten opsigte van landboubesighede.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.