On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Ramprisikobestuur in Suid-Afrika het uitdagings, maar oplossings is moontlik, sê kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:24 Wed, 18 Sep 2019

Ramprisikobestuur in Suid-Afrika het uitdagings, maar oplossings is moontlik, sê kenner | News Article
Prof. Dewald van Niekerk

Dit is moeilik om presies te bepaal wat die vooruitsigte rondom droogtetoestande op die lange duur in Suid-Afrika en meer spesifiek die Noord-Kaap is, maar voorspellings van bestaande klimaatmodelle op ‘n jaar-tot-jaar grondslag skets ‘n minder roosk


Prof. Dewald van Niekerk, hoof van Noordwes-Universiteit (NWU) se Sentrum vir Afrikastudies, sê as die modulering wat reeds gedoen is in ag geneem word, toon die bestaande klimaatmodelle dat die Noord-Kaap voortaan meer intense droogtes gaan ervaar. Daarom is dit belangrik dat uitdagings in terme van ramprisikobestuur aangespreek word, want daar is probleme in dié verband.

Die onvermoë om risikobestuur doeltreffend toe te pas is ‘n probleem in die land, sê hy. Suid-Afrika se beleid en wetgewing is in terme daarvan baie spesifiek, maar posisies word deur mense beklee wat nie geskik is daarvoor nie. Daar is nie genoeg kundigheid nie en dié betrokkenes is ook aangewese op bestaande stelsels wat hul situasie bemoeilik. Hulle bevind hulself in ‘n “groot wiel wat baie stadig draai”. Hy sê nog ‘n uitdaging is die feit dat daar nie behoorlike samewerking tussen betrokkenes is met ‘n duidelik plan in plek nie. 


OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was prof. Dewald van Niekerk, hoof van Noordwes-Universiteit (NWU) se Sentrum vir Afrikastudies.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.