On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Alfa2019 is hier

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:18 Thu, 12 Sep 2019

Alfa2019 is hier | News Article

Die African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, het vanjaar ‘n propvol program.


Dié gewilde vee-ekspo, wat ook gefokus is op bedryfsgeleenthede vir boere en ander betrokkenes, word vanjaar van 17 tot 19 September by die Afridome in Parys in die Vrystaat aangebied. ‘n Organiseerder Albert Loubser sê die ekspo is ingestel op interaksie tussen betrokkenes en is gegrond op altesaam 25 projekte wat oor 12 maande duur. Dit is vanjaar die vierde jaar wat Alfa aangebied word en volgens Loubser groei dié ekspo se program jaarliks. 

Hy sê talle werksessies, demonstrasies word ook aangebied.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…




Steeds by die Alfa-vee-ekspo wat vanjaar vir die vierde jaar agtereenvolgens by die Afridome in Parys aangebied word. Muller praat nou verder met Loubser ‘n organiseerder van Alfa2019

Die African Livestock Trade Fair, wat volgende week Dinsdag by die Afridome in Parys in die Vrystaat begin en tot Donderdag duur, se program bestaan uit ‘n vee-, handel-, verbruikers-, sosiale - en meer spesifiek 'n jeug-komponent. Loubser, sê Nutri Feeds se nasionale versprestasiekampioenskap, BKB se ramprestasiekampienskap en GWK se suiwelinterraskampioenskp is van die hoogtepunte wat nie misgeloop kan word nie.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Albert Loubser, ‘n organiseerder van Alfa 2019, slegs op OFM-nuus.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.