On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Brahmane se gewildheid in SA neem toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Wed, 11 Sep 2019

Brahmane se gewildheid in SA neem toe | News Article

Die Suid-Afrikaanse Brahman-telersgenootskap se rasdirekteur, Sietze Smit, sê dié uitsonderlike beesras is al meer as 60 jaar in die land en het 'n stewige vastrapplek in die nasionale vleisbeeskudde gekry.


Dié gewilde ras kan weens sy fisiese eienskappe maklik aanpas in uitdagende droogtetoestande, maar ook in nat toestande. Hy sê die gewildheid van die ras neem toe en daar is al 380 telers oor die land heen.  

Smit gaan ‘n praktiese bespreking en inligtingsessie op die Bosveld Brahman Bonanaza, wat by Castle de Wildt by Modimolle van 19 tot 21 September plaasvind, lei, waarna dié genootskap se algemene jaarvergadering vir telers asook die presidentsdinee op 20 September gehou word. Smit gaan praat oor die redes waarom daar met Brahmane geteel word, terwyl daar op die eienskappe van die ras gefokus gaan word.


OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Smit gepraat…  


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die rasdirekteur van die Brahman-telersgenootskap, Sietze Smit.  

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.  Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.