On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri SA lewer belangrike insette vir nuwe landelike veiligheidstrategie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:36 Tue, 10 Sep 2019

Agri SA lewer belangrike insette vir nuwe landelike veiligheidstrategie | News Article
Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid van Agri SA, en vise-president van Vrystaat Lanbou (VL)

Suid-Afrika het ‘n reuse misdaadprobleem oor die land heen, en gemeenskappe, wat boere en plaaswerkers insluit, word daardeur geraak.

 

Agri SA se voorsitter van landelike veiligheid by sy Sentrum van Uitnemendheid, Tommie Esterhuyse, sê die jongste aanvalle op vragmotors op belangrike toegangsroetes het ‘n direkte impak op die landboubedryf, in die sin dat landbouprodukte wat vervoer word, nie betyds afgelewer kan word nie. Esterhuyse sê egter Agri SA het verskeie insette gelewer aan die nasionale polisie oor veiligheidskwessies met die oog op die nuwe nasionale landelike beveiligingsplan wat na verwagting vanjaar nog bekendgestel gaan word.

Hy sê daar was in terme van veediefstal ‘n 100%-toename in die Oos-Vrystaat vanjaar teenoor dieselfde tydperk verlede jaar en daarom vergader verteenwoordigers van Vrystaat Landbou (VL) en Agri SA vandag om ‘n dringende aksieplan in dié verband in plek te stel.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.