On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Howe kan nog nie genader word oor grondwetwysiging, sê Agri Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:41 Tue, 03 Sep 2019

Howe kan nog nie genader word oor grondwetwysiging, sê Agri Noord-Kaap | News Article
Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap se president FOTO: OFM

Die Grondwetwysiging van spesifiek Artikel 25 word voorgestel vanweë politieke druk op die regering vir grondonteiening sonder vergoeding met 'n radikale aanslag.


Dit is volgens Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, wat meen die proses is nie tot voordeel van die opkomende sektor nie, terwyl dié organisasie onder die vaandel van Agri SA volstaan daarby dat 'n grondwetwysiging nie tot die werklike verbetering van die situasie in die land gaan bydra nie.

Jansen, wat ook die voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie en Handel is, het verlede week op Agri Noord-Kaap se kongres in Kimberley gesê dié organisasie werp alles in die stryd om 'n grondwetwysiging, wat steeds beleidonsekerheid in die bedryf veroorsaak, teen te staan. Die stryd kan nog nie in die howe beveg word terwyl daar nog geen konkrete beleid rondom die grondwetwysiging is nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat...


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap se president slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.