On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Geen toegewings oor #ExpropriationWithoutCopensation

───   07:20 Fri, 09 Aug 2019

Geen toegewings oor #ExpropriationWithoutCopensation | News Article

Agri SA se president, Dan Kriek, het weer beklemtoon geen toegewings gaan in terme van die regering se plan met Grondwetwysigings en meer spesifiek die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet aangegaan word nie.


Dié wysiging gaan voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding. Kriek het op Vrystaat Landbou (VL) se kongres Woensdag buite Bloemfontein gesê, dit is om regstegniese redes nie nodig vir ‘n Grondwetwysiging nie. Dié organisasie gaan nié toelaat dat ‘n wysiging plaasvind vir die regering se politieke gewin nie.

Agri SA is in proses om nou saam met tradisionele leiers te werk om die toekoms van landbou te versterk.) Daarmee saam is projekte begin om armoede te verlig en vordering word ook gemaak as dit by die ontginning van skaliegas kom, want die belange van landbou moet eerste gestel word.  

OFM-nuus se Vernon Baumann het die kongres bygewoon en met Kriek gepraat.

Skakel weeksdae in op Before Dawn met Gerben van Niekerk tussen 05:00 en 06:00. Luister ook weeksdae om 11:00 en 13:30 na OFM vir jou  landbounuusbulletins.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus/Vernon Baumann





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.