On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Lesotho-koning weer 'n potensiële koper op Vrystaatse merino-veiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:46 Thu, 08 Aug 2019

Lesotho-koning weer 'n potensiële koper op Vrystaatse merino-veiling | News Article

Heuningkrans Merino's se 38ste produksieveiling vind vandag in die Suid-Vrystaat plaas.


Die eienaar van dié stoetery, Eddie Prinsloo, sê die stoetery bied jaarliks twee produksieveilings aan. Die eerste veiling was in Februarie vanjaar. Potensiële kopers van oor die land heen woon die veilings jaarliks by en die veiling vandag is geen uitsondering nie.

Hy sê 117 merino-ramme, ongewissel, word op dié veiling aangebied. Dit is die enigste veiling in die land waar ramlammers aangebied word. Daar is ook 'n groot verskeidenheid vroulike diere op die veiling. Koning Letsie III van Lesotho gaan na verwagting ook die veiling bywoon. Hy het al voorheen Heuningkrans-teelmateriaal vir sy kuddes aangekoop.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Prinsloo gepraat...



Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


 
 



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.