On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Famacha-skaapdag op Rosendal is om die draai

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:44 Mon, 22 Jul 2019

Famacha-skaapdag op Rosendal is om die draai | News Article

Skaaptelers en ander belanghebbendes kan vandeesweek die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se Famacha-skaapdag in Rosendal in die Vrystaat bywoon.


Verskeie kenners op die gebied van skaapteling neem deel en gaan waardevolle inligting oor onder meer parasietbeheer, dekgewasse verskaf terwyl die Famacha-kaart verduidelik gaan word. Daarmee saam is daar ook ‘n praktiese demonstrasie oor dié kaart. 

Neville Raath, 'n organiseerder en vise-voorsitter van die RPO in die Vrystaat, sê die Famacha-stelsel help produsente baie met die proses om diere te selekteer vir dosering. Dit  help produsente verder om op hoogte te bly met betrekking tot diere se gesondheid, terwyl hulle ook baie op medisyne bespaar.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Raath gepraat...



Dit was Neville Raath, vise-voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins slegs op OFM.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.