On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

#VrystaatLandbou: Sewe moorde vanjaar al op plase en kleinhoewes aangemeld

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:14 Tue, 16 Jul 2019

#VrystaatLandbou: Sewe moorde vanjaar al op plase en kleinhoewes aangemeld | News Article

Die wreedheid van die moord op Sakkie en Ina van der Berg op die plaas Bloubos die naweek is onaanvaarbaar.


Dit is volgens Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee in reaksie op die aanval wat skokgolwe deur die Vrystaat gestuur het. Le Roux sê dit was die sewende moord in die Vrystaat sover vanjaar gewees.

Hy sê dit is “sleg” en “onaanvaarbaar” dat mense vermoor word, omdat elke moord wat plaasvind een té veel is. “Die wreedaardigheid wat hierdie mense gebruik om ander mense se lewens te neem, en dit om ‘n voertuig of wat ook al te neem, is nie aanvaarbaar nie.” Le Roux sê daar is ‘n projek in die pyplyn in die Vrystaat om misdaad te bekamp, maar hy wil in die stadium nie meer inligting daaroor bekend maak nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Le Roux gepraat…


Dit was Jakkals le Roux van Vrystaat Landbou (VL). 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.