On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

NK moet nou as rampgebied verklaar word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:52 Mon, 15 Jul 2019

NK moet nou as rampgebied verklaar word | News Article
Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap president.

Die droogte in die Noord-Kaap eis nou sy tol oor die grootste deel van dié provinsie.


Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê die uitmergelende droogte kom oor 70% van die provinsie voor. Dié droogtetoestande is ook die ergste in 50 jaar. Volgens hom is die droogte kritiek en die uitwerking van die rampdroogte oor die grootste deel van die Noord-Kaap wek kommer. Daarmee saam is dit teleurstellend dat die  premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, in sy provinsiale rede nie op die voortslepende droogte en regeringshulp gefokus het nie.

Jansen sê dit is nou uiters noodsaaklik dat die regering die Noord-Kaap in geheel as 'n rampgebied verklaar. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat...



Dit was die president van Agri Noord-Kaap Nicol Jansen. Om na insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n epos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.