On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

VS-landboubegroting: Té veel geld vir admin, mislukte projekte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:41 Mon, 15 Jul 2019

VS-landboubegroting: Té veel geld vir admin, mislukte projekte | News Article
William Bulwane

William Bulwane, die nuwe LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, het vandeesweek sy plan vir landbou in sy begrotingsrede in Bloemfontein duidelik uiteengesit.


Bulwane se begrotingskoek vir die 2019/20-boekjaar is meer as R821 miljoen. Die DA in die Vrystaat sê daar is niks nuuts aangebring aan die departement se plan vir die plaaslike bedryf nie. ‘n DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê te veel geld is toegeken vir administratiewe doeleindes en aan projekte wat steeds misluk in die provinsie. Hy is ook bekommerd oor die regering se vermoë om ramphulp te verleen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Roy Jankielsohn, ‘n DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer.

Om na insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n epos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.