On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Duisend dankies vir Douglas jongboere se veevoerskenkings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:22 Thu, 11 Jul 2019

Duisend dankies vir Douglas jongboere se veevoerskenkings | News Article

Noord-Kaapse boere in die Griekwastad-distrik, wat deur die uitmergelende droogte geteister word, is opreg dankbaar oor die hulp van ‘n groep jongboere in die Douglas-distrik wat hul harte en beursies oopgemaak het.


‘n Organiseerder van dié insiatief, Henry du Toit, het Woensdag op Before Dawn vertel hoe ‘n groep jongboere van die Douglas-distrik besluit het om uit te reik na boere in hul buurdistrik, waar daar geen weiding meer beskikbaar is vir hul diere nie. Dit is weens die voortslepende droogte. ‘n Boer van die Griekwastad-distrik, Tat Scholtz, sê dié groep jongboere se skenkings, wat onder meer vragte met bale mieliereste insluit en deurlopend op plase in dié gebied afgelewer word, is besonders en van groot hulp.  Hy sê dit maak ‘n verskil as ‘n vragmotor met ‘n vrag bale by ‘n plaashek inry en ‘n boer weet dat dié vrag voer vir sy diere bestem is.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Scholtz gepraat…



Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Luister weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins slegs op OFM.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.