On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

#DA tevrede met NK-regering se landbou-visie, maar fokus op voedselsekerheid kort

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:11 Tue, 09 Jul 2019

#DA tevrede met NK-regering se landbou-visie, maar fokus op voedselsekerheid kort | News Article
Andrew Louw FOTO: Twitter

Die DA in die Noord-Kaap is oor die algemeen in sy skik met die premier, Zamani Saul, se provinsiale rede en dat hy ook onder meer op die landboubedryf gefokus het.


Die DA se provinsiale leier, Andrew Louw, sê Saul maak die regte geluide, maar dit beteken nie sy planne gaan ‘n werklikheid word nie.Saul het Vrydag in Kimberley na die landboubedryf verwys en gesê ‘n volhoubare landboustrategie moet ontwikkel word om die impak van klimaatsverandering te versag. Dit moet plaasvind vir nuwe produksiegroei, terwyl diversifikasie vir nuwe landbouprodukte voedselsekerheid kan verseker.

Saul het ook na grondbesit, die hersiening van waterregte in die provinsie asook die opleiding en ontwikkeling van die jeug en jong boere verwys.) OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Louw gepraat…



Dit was Andrew Louw, die DA se leier in die Noord-Kaap, slegs op Before Dawn.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.