On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

VF Plus kry antwoorde van NW-regering oor plaasmoorde en -aanvalle

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Mon, 08 Jul 2019

VF Plus kry antwoorde van NW-regering oor plaasmoorde en -aanvalle   | News Article
FOTO: Facebook

Die Vryheidsfront Plus in Noordwes meen hy word ná die nasionale verkiesing, waarin dié party nasionaal meer steun gekry het, nou veral in dié provinsie meer ernstig opgeneem.


De Wet Nel, VF Plus-lid in die Noordwes-wetgewer, sê dié politieke party kan nou begin om sy spiere te bult. Dit kom nadat die premier van Noordwes, Job Mokgoro, in sy repliek in die Noordwes-wetgewer gereageer het op die party se vraag in die provinsiale debat om daadwerklik op te tree teen plaasmoorde en -aanvalle in die provinsie. Nel sê die feit dat Mokgoro gesê het hy neem dié voorvalle ernstig op en dat hy erken dit is ‘n probleem in Noordwes, is ‘n stap in die regte rigting.

Hy sê verder die feit dat Mokgoro gesê het die polisie gaan genader word om bestaande insiatiewe in die provinsie in werking te stel, word ook verwelkom en dié party sal Mokgoro by sy woord hou dat daar opgetree gaan word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was De Wet Nel, VF Plus-lid in die Noordwes-wetgewer. Om weer na insetsels te luister, gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.