On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

AfriForum beklemtoon weer eens die belang van paraatheid in landelike gebiede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:22 Wed, 26 Jun 2019

AfriForum beklemtoon weer eens die belang van paraatheid in landelike gebiede | News Article

Die polisie in Noordwes ondersoek ‘n klag van motorkaping en aanranding nadat 'n man by 'n plaashek buite Lichtenburg in Noordwes wreed aangeval is.


Polisiewoordvoerder, Aafje Botma, sê die slagoffer, Francois Labuschagne, het Saterdagaand by die hek aangekom nadat hy sy winkel in Gerdau vroeër gesluit het. Labuschagne is deur drie mans oorval. Nog niemand is in hegtenis geneem nie. Labuschagne is na ‘n hospitaal vervoer en sy toestand is in die stadium onbekend. 

Intussen sê Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, al word dié voorval nie as ‘n plaasaanval beskou nie, kan die belang van mense op plase en kleinhoewes se paraatheid nie genoeg beklemtoon word nie. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, slegs op Before Dawn.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup. co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Luister weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.