On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Senwes Safex-verslag: Pryse op plaaslike mark sluit in die rooi

───   06:18 Wed, 19 Jun 2019

Senwes Safex-verslag: Pryse op plaaslike mark sluit in die rooi | News Article

Die Safex-pryse op OFM word moontlik gemaak deur Senwes Equipment. Puik produkte en spesiale aanbiedinge op nuwe en gebruikte toerusting. Senwes Equipment – Breek nuwe Grond.


'n Graanmakelaar van Senwes, Handré van Heerden praat onder meer oor die gebeure op die plaaslike mark en witmielies wat kortstondig die R2 900 vlak op die Julie-kontrak getoets het. Verkoopsdruk het pryse op die agtervoet geplaas en pryse het in die rooi gesluit.  Vir die vierde verhandelingsessie agter eenvolgens sluit die mark swakker as die pariteitsindeks. 

Hy meen dit is weens die sluiting van spekulatiewe posisies na onlangse pryslopies en produsenteverkope soos strooptyd wat vorder en druk op pryse uitoefen. 

Hier is van Heerden...



Volgens hom het Julie-sojaboonpryse het aanvanklik 'n sterk lopie getoon en so hoog as R81 positief verhandel.  Die rand het egter dramaties versterk tydens verhandeling en sluit op R42.  Met sonneblom persmarges wat beter as sojaboonmarges geraak het, het sonneblom aansienlik beter as sojabone presteer.  Koringpryse vir Julie het positief verhandel weens koopkrag vir na-seisoenvoorraad.

Die Safex-pryse op OFM is moontlik gemaak deur Senwes Equipment. Kontak jou naaste heelwerktuig-bemarker vir die nuutste diens- en inspeksieprogramme. Senwes Equipment – Breek nuwe Grond.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.