On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Volhoubare rooivleisproduksie in uitdagende tye onder loep op Vrystaatse RPO-kongres

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:19 Wed, 12 Jun 2019

Volhoubare rooivleisproduksie in uitdagende tye onder loep op Vrystaatse RPO-kongres | News Article
Gerben van Niekerk (Before Dawn-aanbieder) en Neville Raath (vise-voorsitter van die RPO in die Vrystaat) FOTO: OFM

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat se jaarlikse kongres vind môre (Donderdag) in Bloemfontein plaas.


Dié organisasie se visie-voorsitter, Neville Raath, was Woensdagoggend 'n ateljeegas en het met OFM-nuus se Christal-Lize Muller oor onder meer didé kongres gepraat... 



Lede van die RPO in die Vrystaat sal onder andere op die gebied van volhoubare erfopvolging in die veebedryf en genetiese bestuur vir die toekoms tydens sy provinsiale kongres  fokus.  Hesna Rheeder van Price Waterhouse Cooper is die gasspreker wat oor  nalatenskap  gaan praat. Danie Odendaal, direkteur van die Veterinêre Netwerk (V-Net), sal praat oor die lesse wat geleer is ná die uitbreek van bek-en-klouseer in Limpopo vroeër vanjaar. Frikkie Maré, akademiese hoof van Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sal fokus op volhoubare vleisproduksie in uitdagende ekonomiese tye. 

Raath nooi alle produsente uit om die kongres, wat Donderdag om 7:30, by Leopards and Lace in Bloemfontein begin, by te woon. 

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Luister ook daagliks van Maandag tot Vrydag na OFM se landbounuusbulletins  om 11:00 en 13:30.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.