On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Sojaboon-variëteite word ontwikkel om aanplantings ‘n hupstoot te gee

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:44 Mon, 18 Mar 2019

Sojaboon-variëteite word ontwikkel om aanplantings ‘n hupstoot te gee | News Article

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Kultivar- en Tegnologie-ontwikkeling, Sacta, is vol verwagtinge dat die sojaboonbedryf in Suid-Afrika gaan uitbrei, want daar is ruimte vir groei.


Dit is volgens Andries Theron, voorsitter van Sacta, wat meen dit maak ekonomies sin om sojaboon aan te plant al was klimaatstoestande vir aanplantings sover die seisoen, veral in die westelike somerreëvalgebiede van Suid-Afrika, nie gunstig gewees nie.

Hy sê al is sojabone ‘n relatiewe nuwe gewas in die westelike deel van die land hoop hy dat daar in die toekoms groot uitbreidings in dié aanplantings gaan wees. Daar word reeds hard gewerk om die korrekte kultivar-variëteite van dié westelike gebiede te identifiseer, sê hy.

Volgens hom moet Suid-Afrika  selfvoorsiendend in sy behoefte vir oliekoek en olie word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Andries Theron voorsitter van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Kultivar- en Tegnologie-ontwikkeling, Sacta. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.