On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Skoolkinders leer meer oor die skaapskeer-vaardigheid

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:17 Tue, 12 Mar 2019

Skoolkinders leer meer oor die skaapskeer-vaardigheid | News Article
FOTO: Argief

Die Bloemskou se jaarlikse skeerdemonstrasies in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) vind vandeesweek by verskeie Bloemfonteinse skole plaas.


Dié inisiatief bied ‘n geleentheid aan kinders om meer te leer oor die landboubedryf en meer spesifiek die lewering van wol. Die hoof-uitvoerende beampte van Bloemskou, Elmarie Prinsloo, sê die demonstrasies behels die skeer van skape met die hand en ‘n skeermasjien, waarna dié twee metodes deur skeerders in 'n kompetisie ten toon gestel word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Prinsloo gepraat…  



Demonstrasies vind op 'n skeerplatvorm plaas en word deur Izak Kloppers van NWKV, wat ook betrokke is by die opleiding van skaapskeerders in Suid-Afrika, aangebied. Die skeerdemonstrasies het gister by die Primêre Skool Jim Fouché begin. Dit vind vandag by die Vrystaat-nasorgsentrum en Lettie Fouché-skool plaas, en Donderdag by die Laerskool Sentraal. Die demonstrasies gaan volgende Maandag voort by Grey-kollege Primêr, tydens die skool se Supersport-week.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.