On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

#GSACongress: Stropers gaan nie loop as opvolgreën wegbly

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Fri, 08 Mar 2019

#GSACongress: Stropers gaan nie loop as opvolgreën wegbly | News Article
Graan SA (GSA) se Jannie de Villiers en Jaco Minnaar FOTO: OFM-nuus

Graanprodusente, wat dié seisoen nog bitter min reën gehad het, is nou totaal afhanklik daarvan.


Hulle hoop lê op die reënvooruitsigte die naweek. Graan SA (GSA) se voorsitter, Jaco Minnaar, het Woensdag op die kommoditeitsorganisasie se jaarkongres by Nampo Park aan OFM-nuus gesê as dit nie reën nie gaan dié boere in dié gebiede nie oeste hê om te stroop nie.  

Hy het gesê Suid-Afrika se mielie-oes gaan minder wees vanjaar teenoor die vorige jaar se oes weens ongunstige weerstoestande wat min reën insluit. Daar is nou onsekerheid oor wanneer die eerste ryp gaan voorkom, veral onder ‘n groot hoeveelheid boere wat vanjaar laat geplant het. Hy sê winsgewendheid bly die komende jaar steeds 'n uitdaging vir die graanbedryf. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het dié kongres bygewoon en met Minnaar gepraat oor onder meer die droogtetoestande, navorsing, die skep van alternatiewe binnelandse en buitelandse markte vir mielies, asook die verbetering van gehaltestandaarde.



Dit was Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA (GSA), slegs op Before Dawn.
 


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.