On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:27 Thu, 14 Feb 2019

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher? | News Article

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Druk vanaf 80 van die belangrikste aandeelhouers in bekende kitskosketting-groepe het die impak van kos begin ontleed. 

Daar is al voorheen kommentaar gelewer ook veranderde verbruikspatrone, veral met betrekking tot vleis, maar dit gaan verder en sluit die koolstofspoor van die produkte asook die impak daarvan op waterverbruik in. 

Hy sê die uitdaging is eenvoudig en behels dat kos van dierlike oorsprong verantwoordelik is vir die meeste skadelike kweekhuisgasse, maar sonder dat daar ‘n behoorlike plan is om die negatiewe impak daarvan op aardverwarming aan te spreek.

Beleggers verwag nou van die betrokke kitskosgroepe om gereeld vordering teen vooraf goedgekeurde planne te publiseer sodat verbruikers meer ingeligte besluite kan neem oor die kossoorte wat hulle eet.


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.