On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agbiz verwelkom Ramaphosa-plan om SA ekonomie op koers te kry

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:05 Mon, 11 Feb 2019

Agbiz verwelkom Ramaphosa-plan om SA ekonomie op koers te kry | News Article
John Purchase van Agbiz FOTO: VERSKAF

Die Landboubesigheidskamer, Agbiz, het President Cyril Ramaphosa se staatsrede verwelkom veral met betrekking tot sy fokus op die ekonomiese herstel van die land.


Agbiz se uitvoerende hoof, John Purchase, sê die regering se fokus op ekonomiese groei is goed en daar was baie detail in Ramaphosa se staatsrede wat toon daar word aandag geskenk aan verskeie regeringsplanne. 

Die vraag is egter of dié aksieplanne uitgevoer gaan word, sê Purchase. Daarmee saam was Agbiz en ander betrokkenes in die landboubedryf baie betrokkie by die regering se openbare-private-groei-inisiatief. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Purchase gepraat…  



Dit was die Landboubesigheidskamer (Agbiz) se uitvoerende hoof, dr. John Purchase. Skakel Dinsdagoggend in wanneer Purchase verder kommentaar lewer oor President Cyril Ramaphosa se staatsrede en wat hy oor die uitvoer van landbouprodukte, asook Eskom, gesê het. 

Om weer na hierdie en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.