On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Gehalte bulle en vroulike diere op AG-gene veiling aangebied

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:06 Thu, 20 Sep 2018

Gehalte bulle en vroulike diere op AG-gene veiling aangebied  | News Article

‘n Vrystaatse Bonsmara-teler, Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara, se wortels lê diep in dié bedryf.

 

De Villiers bied Donderdag sy jaarlikse AG-gene veiling op sy plaas Arcadia tussen Vrede en Memel aan. Dit is vanjaar die sewende jaar agtereenvolgens wat gasverkopers die geleentheid kry om van hul diere wat van die AG-bloedlyn afkomstig is, saam met 55 bulle van De Villiers op sy veiling aan te bied. Hy sê die sewe gasverkopers kry vanjaar met hul deelname aan die veiling die nodige bloodstelling en doen goeie ondervinding op. Daar word 70 bulle en 200 vroulike diere aangebied, wat dragtige koeie en verse insluit. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Villiers oor die gasverkopers gepraat.

Dit was Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara. Sy AG-gene veiling is Donderdag op die plaas Arcadia tussen Vrede en Memel. Dit begin om 11:00.

Hendrik Britz van Sciomanzi Bonsmara wat in die Potchefstroom-distrik boer, is vanjaar een van die gasverkopers op Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara se jaarlikse AG-gene veiling naby Vrede in die Vrystaat. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.

Dit was Hendrik Britz van Sciomanzi Bonsmara.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.