On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Arthur de Villiers se Bonsmara AG-gene veiling, ‘n gulde geleentheid vir ander telers

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:04 Wed, 19 Sep 2018

Arthur de Villiers se Bonsmara AG-gene veiling, ‘n gulde geleentheid vir ander telers | News Article

‘n Gesoute Bonsmara-teler van die Vrystaat met hope ervaring in dié bedryf bied eerskomende Donderdag ‘n AG-gene veiling met ‘n verskil aan.


‘n Beskeie Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara, bied dié veiling vir die sewende jaar agtereenvolgens aan. Kommersiële Bonsmara-telers, wat hulself meer in die bedryf wil vestig, kry die geleentheid om van hul diere wat afkomstig is van die AG-bloedlyn op dié veiling aan te bied.

 Daar is vanjaar sewe gasverkopers. De Villiers gaan 55 van sy eie AG-bulle aanbied, waarvan 15 bulle stoetpotensiaal het. Hy sê al die bulle wat aangebied word, het ‘n goeie bouvorm en sterk erfdwang. Voornemende kopers kan hul regmaak vir billike pryse wat in lyn is met die prys van speenkalwers. Volgens hom kom dit neer op ‘n riglyn van tussen agt tot tien speenkalwers of tussen vier tot vyf slagkoeie se prys vir ’n goeie kommersiële bul. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Villiers gepraat...


Dit was Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara. Sy AG-gene veiling is Donderdag op die plaas Arcadia tussen Vrede en Memel. Dit begin om 11:00.  Besoek www.arcadiabonsmara.com vir meer inligting.

Gerrit Bezuidenhout van die Bezilleus-stoetery by Reddersburg in die Vrystaat is vanjaar een van die gasverkopers op Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara se jaarlikse AG-gene veiling naby Vrede. Bezuidenhout sê hy is dankbaar vir die geleentheid om ’n bul op dié veiling aan te bied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Dit was Gerrit Bezuidenhout van Bezilleus Bonsmaras. Die ander gasverkopers op dié veiling is Hennie Bezuidenhoudt van Benchmark Bonsmara Farming, D.D. Roets, André en Manda Gloy van Nonna Bonsmara, Hendrik Britz van Sciomanzi Bonsmara, Nan en Izak Dreyer en Stephan Cronjé. Skakel Donderdagoggend in wanneer OFM-nuus met nog gasverkopers praat.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.