On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA ondersteun AfriForum en die Sakeliga met #LandExpropriation #farmlist

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Fri, 17 Aug 2018

TLU SA ondersteun AfriForum en die Sakeliga met #LandExpropriation #farmlist | News Article
TLU SA se Louis Meintjies FOTO: Verskaf

Die burgerregtewaghond, AfriForum, die Transvaal Landbou-unie, oftewel TLU SA, en die sake-organisasie, Sakeliga, span nou saam.


Dít om ‘n gesamentlike regstrategie te ontwikkel in ‘n poging om die regering se voorgenome planne om eiendom sonder vergoeding te onteien, teen te staan. Dié besluit kom nadat AfriForum glo ‘n lys met eiendomme wat vir onteiening ge-oormerk word, bekom het.

 Daar word na dié lys as ‘n besprekingsdokument van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming verwys. Dié organisasies stem saam dat ‘n onteieningslys wel bestaan. Hulle voer aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het bevind dié lys is geloofwaardig en die meerderheid van die eiendomme daarop voldoen aan die departement se beskrywing van watter kategorieë eiendomme geteieken gaan word. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met TLU SA se president, Louis Meintjies, gepraat…  



Dit was die president van TLU SA Louis Meintjies slegs op OFM. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk met jou landbounuus of Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.