On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Insinking in lewende handelsbedryf het invloed op wildbedryf

───   06:14 Wed, 18 Jul 2018

Insinking in lewende handelsbedryf het invloed op wildbedryf | News Article

In die OFM-agrinuusinsetsel praat Pieter Möller met dr. Johnny van der Merwe, 'n landbou-ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, oor die wildbedryf se insinking en die invloed daarvan op die ekonomie.


Van der Merwe verduidelik dat die wildbedryf uit vier sektore bestaan. Dit sluit jag, die lewende handelsbedryf, toerisme en die vleisbedryf in. 

Hy sê daar was 'n insinking in die lewende handelsbedryf weens 'n toename in aanbod. Spekulante het uit die bedryf geklim en pryse het afgeneem. 

Dié insinking het wel 'n invloed op die bedryf in geheel gehad, maar daar was 'n herlewing in die ander sektore van die bedryf.


OFM- agrinuus word aan jou gebring deur NWK. Jou greep op die mark.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk met jou landbounuus op Before Dawn. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.