Special Reports
Johann Beukes: 'n Laaste onderhoud─── KARIEN JORDAAN 10:28 Wed, 23 Sep 2015

Bloemfontein - Die bekende Bloemfonteinse argitek en reisagent, Johann Beukes, is op 14 September 2015 in ‘n kliniek in Zurich, Switserland oorlede.
Die 66-jarige Beukes het met die hulp van die Dignitas-organisasie sy eie lewe beëindig.
Beukes het ‘n rare en uiters pynlike siektetoestand gehad.
‘n Vriend, Albé Grobbelaar, het tien dae voor sy dood ‘n lang gesprek met hom gehad waarin Johann graag meer agtergrond wou gee rondom sy groot besluit. OFM-nuus se Karien Jordaan het die volgende dag met Albé oor dié gesprek gepraat.
Johann Beukes is sover bekend die vyfde Suid-Afrikaner wat in dié Zurichse kliniek sterf.
Karien Jordaan/OFM-nuus