On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Pieter's Place

Weekend Breakfast Recipe - AARTAPPEL OMELET MET BILTONG

───   06:24 Sat, 16 Mar 2019

Weekend Breakfast Recipe -   AARTAPPEL OMELET MET BILTONG | News Article

Enigiets met Biltong is 'n WENNER.

Vir 6

Voorbereityd 10 minute

Gaarmaaktyd 20 minute

Dié tradisionele Spaanse omelet is maklik om in ’n pan oor die

vuur te  maak. Jy kan dit ook in dik skywe sny en inpak vir padkos.

JY BENODIG:

3 eetlepels botter

1 ui, fyngekap

1 knoffelhuisie,

fyngekap

3 hande vol sagte biltong, dungesny

olyfolie

4-6 groot aartappels, gekook en in dun skywe gesny

8 plaaseiers, geklits

1 eetlepel growwe mosterd

sout en swartpeper na smaak


SO MAAK JY:


Verhit die botter in ’n pan oor die kole en braai die uie en knoffel  stadig totdat dit sag is, maar nie bruin nie.
Skep dit uit die pan en  meng dit met die helfte van die biltong.


Gooi ’n bietjie olyfolie in dieselfde pan en sit dit oor matige hitte.


Bedek  die bodem van die pan  met ’n laag van die aartappelskywe en skep  lepels van die  uie-en-biltongmengsel bo-oor. Herhaal die
lae totdat die aartappels op  is.


Klits die eiers en mosterd saam, gooi sout en swartpeper na smaak by, en giet dit oor die aartappels.


Gebruik ’n houtlepel en druk deurentyd die omelet weg van die kant af. Laat die omelet gaar word.


Gebruik ’n eierspaan en keer die omelet uit in ’n bord met die rou kant na onder.


Gooi ’n bietjie olie in die pan en glip die omelet met die  rou kant na onder terug in die pan. Braai dit vir nog 5 minute.
Keer die omelet uit en sny dit in skywe. Sprinkel die res van die biltong oor en sit dit voor met ’n Griekse slaai.


Bron:  WEG

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.