On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Business

#OFMSakeUur: Goeie graanopbrengs verwag in Noordwes

───   18:00 Wed, 06 Apr 2022

Sponsored18:00 Wed, 06 Apr 2022
#OFMSakeUur: Goeie graanopbrengs verwag in Noordwes | News Article
’n Sonneblom pronk op die land. Foto: OFM

Daar is goeie nuus vir graanprodusente, veral in die noordelike gebiede van Sentraal Suid-Afrika.

Volgens NWK Landboubestuursdienste se Bestuurder: Presisieboerdery, Martiens du Plessis, was produsente in NWK se bedieningsgebied met ’n baie goeie seisoen geseën, en hy verwag dat produsente goeie graanopbrengste gaan hê.

Lees ook: Tyd vir terugploeg met NWK-lojaliteitsprogram

Du Plessis het met OFM Inhoudsredakteur, Elzette Boucher-Krüger, gesels op die OFM Sake Uur.

Hy vertel dat die Noordwes provinsie, soos normaal, tot middel November nog droog was, maar dat reën gereeld in Desember en Januarie voorgekom het.

“Ons het gelukkig heelwat diep grondprofiele in NWK se bedieningsgebied en derhalwe was versuiping van die gewasse nie 'n betekenisvolle probleem nie,” verduidelik Du Plessis.

Hy vertel verder dat planttyd gunstig verloop het met slegs enkele dae waar dit te nat was om te plant.

“Feitlik al die mielies is in die gunstige plantvenster van 15 November tot 15 Desember geplant. Die sonneblomme is ook van 15 November af geplant, met die laaste aanplantings tot en met die eerste week van Januarie, wat steeds heeltemal aanvaarbaar is vir hierdie gebied.”

Du Plessis meld dat die westelike saaistreke, Delareyville, Sannieshof, Ottosdal en Vryburg, se oesvooruitsigte uitstekend is, met ’n potensiaal soortgelyk aan dié van verlede jaar.

Die oostelike saaistreke, Lichtenburg, Coligny en Koster, se mielie-aanplantings toon egter plek-plek reeds droogteskade weens die Februarie-Maart droër tydperk.

“Die afgelope naweek se reën is vir ons waardevol, sodat veral die mielies wat plek-plek begin swaar trek het, se stres te verlig en dat hulle nou behoorlik kan kopvul. Koppe wat terug getrek het, kan nie herstel nie en is reeds blywende skade.”

Luister na die volledige gesprek onder.


Podcasts

Goeie graanopbrengs verwag in Noordwes:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.