On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Bloemskou bied vanjaar 14 landboukampioenskappe

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 25 Apr 2022

Bloemskou bied vanjaar 14 landboukampioenskappe  | News Article
Bloemskou is sedert 1883 die voorkeurkeuse vir veestoetlkampioenskappe en –uitstallings wat besoekers van oral lok. FOTO: bloemskou.co.za.

Landboukampioenskappe is ‘n integrale afdeling van Bloemskou, waar onder meer beeste, skape en perde in hul verskeie afdelings meeding.

Sien onderstaande PODCAST

Elmarie Prinsloo, die hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, sê 14 landboukampioenskappe word vanaf 27 April tot 7 Mei vanjaar aangebied.

Bloemskou is sedert 1883 die voorkeurkeuse vir veestoetlkampioenskappe en –uitstallings wat besoekers van oral lok.

LEES OOK: Vanjaar se Bloemskou amptelik bekend gestel

Prinsloo sê aan OFM-nuus ses kampioenskappe word in die beesafdeling aangebied, waarvan die limousines hulle nasionale kampioenskappe gaan aanbied. By die kleinvee-afdeling word vier kampioenskappe aangebied, waarvan die nasionale dorperkampioenskap ook deel gaan wees. Meer as ‘n duisend skape neem deel aan hierdie kampioenskap.

“Een van die hoogtepunte by ons kleinvee-afdeling is ons nasionale skaapskeerkampioenskap, wat die 29ste en 30ste April plaasvind.”

Verder kan besoekers ook uitsien na die nasionale saalperdskou, wat reeds Maandag 25 April afskop. Net minder as 900 perde neem hieraan deel.

LEES OOK: Bloemskou-voorbereidings goed op dreef

Covid-19 maatreëls:

Nasionale Covid-19 regulasies dui daarop dat skoue en ander buitelug-geleenthede met 50%-kapasiteit mag voortgaan. Daarmee saam word besoekers versoek om ‘n bewys van ‘n negatiewe Covid-19 toetsuitslag – wat nie ouer as 72-uur is nie - te toon óf ‘n Covid-19 inentingsertifikaat.

Prinsloo deel dat Bloemskou hande met die Arrie Nel Apteekgroep gevat het, wat die Covid-19 toetse teen ‘n spesiale tarief vir Bloemskou-besoekers kan bied. Sy moedig enigiemand aan om die Bloemskou-kantore te skakel indien hulle enige navrae wil doen hieroor.

LEES OOK: Bloemskou beloof propvol program vir 2022

Bek-en-klouseer

Bek-en-klouseer is vanjaar ‘n groot uitdaging vir die skou en het ‘n invloed op die getalle van diere wat deel van die skou gaan wees. Prinsloo sê die virussiekte, wat onlangs op ‘n plaas in die Vrystaat aangemeld is, sowel as op verskeie plase in die naburige Noordwes, beïnvloed veral die kampioenskappe waar beeste betrokke is.

Daar is maatreëls in plek gestel waaraan boere moet voldoen om te verhoed dat bek-en-klouseer by die skou versprei. Prinsloo sê verder dat hulle saam met die staatsveearts werk om te verseker dat geen siek diere op die gronde toegelaat word nie.

Vir meer inligting besoek Bloemskou se webtuiste.



OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.