On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Moenie moed verloor nie, sê trotse Vrystaatse Jongboer van die Jaar

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 11 Apr 2022

Moenie moed verloor nie, sê trotse Vrystaatse Jongboer van die Jaar  | News Article
Jaco Burger boer al vir die afgelope 13 jaar in die Wepener-omgewing. FOTO: Jaco Burger en sy vrou, Marlize/OFM-nuus.

Jaco Burger, ‘n boer in die Wepener-omgewing in die Vrystaat, het die toekenning vir Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar ontvang.

Sien onderstaande PODCAST

Burger is op Donderdag 7 April gedurende ‘n Jongboer-konferensie as wenner aangewys.

Dié 34-jarige stap nie net weg met ‘n kontantprys van VL nie, maar ook geskenkbewyse Kynoch, Brand New SA sowel as Work Accident Support. Burger dring ook outomaties deur na Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie.   

LEES OOK: Drie boere ding mee om Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar-titel 

Finaliste van hierdie besonderse kompetisie word volgens professor Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaars en hoof van die Departement van Landbou, by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) beoordeel in onder meer hul toekomsbeeld, begroting en finansies, produksie, bemarking, personeelbestuur, instandhouding en gemeenskapsbetrokkenheid.

Burger boer al vir die afgelope 13 jaar in die Wepener-omgewing, waarvan vier jaar op sy plaas, Eureka, sowat 3,5km vanaf die Lesothogrens. Hy boer hoofsaaklik met skaap en bees, maar is veral trots op sy Dohne-Merino-stoet, J.L. Trinity, wat in 2017 geregistreer is.

LEES OOK: SA/Lesotho-grens groot kopseer vir landbougemeenskappe

Sy boodskap aan jongboere is “op hierdie stadium is dit ‘n bietjie moeilik in die landbou met die politiek en die insetkostes is ‘n groot ding, maar ek dink ons moet net aanhou [doen] wat ons doen en nie moed verloor nie.

“Hopelik kan ons op ‘n stadium kom wat [alles] weer terugkeer na normaal toe en ons samewerking kry van die politieke dele af sodat ons weer lekker in vrede boer en dit kan geniet.”

Marlize staan ook nie terug om op die plaas te help nie en ondersteun haar man ten volle. Sy benadruk dat boerdery harde werk is en dat ondersteuning van uiterste belang is om te help om ‘n sukses van die boerdery te maak.

“Jaco en sy vrou, Marlize, glo daarin om ’n werksomgewing te skep waar hulle werknemers bemagtig word om hul volle potensiaal te bereik. Oop kommunikasiekanale en respek vir mekaar is volgens hom die kernfaktor. 

"Dit is ook vir hom belangrik om sy medeboere by te staan om hul sukses in die vervaardiging van goeie gehalte voedsel op 'n volhoubare manier te verseker,“ voeg VL in ‘n verklaring by.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.